Home Page »  J »  Juanita Du Plessis
   

'n Duisend Soene Lyrics


Juanita Du Plessis 'n Duisend Soene


Gee my 'n bietjie van jou om vanaand in my koffer te pak
Gee my jou glimlag, ek hou dit styf in my sak
Gee my 'n woord uit jou mond
Waarmee ek vir jou 'n lied kan sing
Want ek gee jou dit als 'n honderd keer
Vir elke soen gee ek nog een meer
Wag net hier vir my
Want ek kom terug om by jou te bly

Ek bring 'n duisend soene
Net vir jou
Om vir altyd en ewig by jou te hou
Tot ons weer ontmoet
Tot ek jou weer groet
Los ek al my soene vir jou
Ons is eenkeer jonk
Kan net eenkeer lewe
Om eedag als te onthou
Ek gee vanaand my liefde my hart
En 'n duisend soene vir jou

Gee my jou hande om my vas te hou in 'n donker nag
Die kyk in jou oë wat die kind in my kan laat lag
Al staan jy hier en ek staan daar
Elke oomblik saam kan ons bewaar
Wag net hier vir my
Want ek kom terug om by jou te bly

Ek bring 'n duisend soene
Net vir jou
Om vir altyd en ewig by jou te hou
Tot ons weer ontmoet
Tot ek jou weer groet
Los ek al my soene vir jou
Ons is eenkeer jonk
Kan net eenkeer lewe
Om eedag als te onthou
Ek gee vanaand my liefde my hart
En 'n duisend soene vir jou

Ek gee vanaand my liefde my hart
En 'n duisend soene vir jou



taylor swift and travis kelce are engaged, and it’s the sweetest love story!
Taylor Swift And Travis Kelce Are Engaged, And It’s The Sweetest Love Story!
Evren E. - 26 Aug 2025
voices of balance: american singers leading the wellness movement
Voices Of Balance: American Singers Leading The Wellness Movement
Sasha Mednikova - 20 Aug 2025
jennifer lopez handles chanel store incident in istanbul with grace
Jennifer Lopez Handles Chanel Store Incident In Istanbul With Grace
Evren E. - 08 Aug 2025
ozzy osbourne’s cause of death confirmed after legendary career
Ozzy Osbourne’s Cause Of Death Confirmed After Legendary Career
Sasha Mednikova - 05 Aug 2025
soundside music festival 2025 canceled: fans disappointed by abrupt announcement
Soundside Music Festival 2025 Canceled: Fans Disappointed By Abrupt Announcement
Evren E. - 27 Jul 2025
Browse: