Home Page »  J »  Juanita Du Plessis
   

Vat Hom Lyrics


Juanita Du Plessis Vat Hom

Vang die son hou hom vas by jou
Laat die dag aan jou woorde klou
Kom sing 'n lied van jou eie lewe
Met soveel hoop dat die aarde bewe

Vergeet die naam van jou laaste traan
En laat die swart in jou gister staan
Kyk na die blou van 'n nuwe môre
Raak in die lig van die dag verlore

Staan op maak geraas
Vergeet van hoe dit was
Wees jou eie rede om te leef
O o o vat hom
Steek uit jou hande en vat hom
Vat elke oomblik van die dag vas
Asof hy net vir jou gemaak was
O o o vat hom
Steek uit jou hande en vat hom
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey
Steek uit jou hande en vat hom

Laat die reën op jou lewe val
Wat in sy wolk elke droom gaan haal
En laat die winde jou sorge weg waai
Dit in 'n vreemde land gaan aflaai

Vergeet die nag van jou laaste traan
En laat die swart in jou gister staan
Kyk na die blou van 'n nuwe môre
Raak in die lig van die dag verlore

Staan op maak geraas
Vergeet van hoe dit was
Wees jou eie rede om te leef
O o o vat hom
Steek uit jou hande en vat hom
Vat elke oomblik van die dag vas
Asof hy net vir jou gemaak was
O o o vat hom
Steek uit jou hande en vat hom
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey
Steek uit jou hande en vat hom
Steek uit jou hande en vat hom
Vat elke oomblik van die dag vas
Asof hy net vir jou gemaak was
O o o vat hom
Steek uit jou hande en vat hom
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey (Hey)
Almal sê hey
Steek uit jou hande en vat hom


post malone to perform at 2026 fifa world cup closing ceremony
Post Malone To Perform At 2026 Fifa World Cup Closing Ceremony
Faith Thompson - 14 Jul 2026
music, tours, and motherhood: how rihanna stays connected on the road
Music, Tours, And Motherhood: How Rihanna Stays Connected On The Road
Evren E. - 29 Jun 2026
tom holland marries zendaya in a private wedding ceremony
Tom Holland Marries Zendaya In A Private Wedding Ceremony
Sasha Mednikova - 16 Jun 2026
the new hitmakers: how social media is rewriting the rules of music discovery
The New Hitmakers: How Social Media Is Rewriting The Rules Of Music Discovery
Chris Page - 05 Jun 2026
katy perry brings massive free concert to mexico fenapo festival
Katy Perry Brings Massive Free Concert To Mexico Fenapo Festival
Faith Thompson - 27 May 2026
Browse: