Home Page »  J »  Juanita Du Plessis
   

In Die Hemel Lyrics


Juanita Du Plessis In Die Hemel


Ek weet jy wonder soms hoekom dinge moet gebeur
En ek weet jy't baie vrae en jou hart is baie seer
Ek weet my plek is leeg langs jou, ek sal altyd by jou wees
As jy na my verlang, onthou, ek is by jou in die gees
My tyd op aarde is verby
My lewe is afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou

Ek sien jou trane elke dag, ek wens ek kon dit afdroog
Ek wil nie hê jy moet huil nie want kyk, ek is daar in die reënboog
Hier sal ek altyd wag vir jou, hier in ons hemelhuis
Ek hoop jy volg die regte pad, tot hier by die kruis

My tyd op aarde is verby
My lewe is afgemeet
En ek weet jy moet agterbly
Maar ek sal jou nooit vergeet

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jou
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou

Nou is ek die engel wat sy vlerke om jou hou



the digital vault: how unreleased pop albums end up on the black market
The Digital Vault: How Unreleased Pop Albums End Up On The Black Market
Evren E. - 13 Sep 2026
from streaming to the stage: how music discovery is changing concert culture
From Streaming To The Stage: How Music Discovery Is Changing Concert Culture
Sasha Mednikova - 28 Aug 2026
behind the curtains: the logistical nightmare of stadium tours
Behind The Curtains: The Logistical Nightmare Of Stadium Tours
Chris Page - 17 Aug 2026
post malone to perform at 2026 fifa world cup closing ceremony
Post Malone To Perform At 2026 Fifa World Cup Closing Ceremony
Faith Thompson - 14 Jul 2026
music, tours, and motherhood: how rihanna stays connected on the road
Music, Tours, And Motherhood: How Rihanna Stays Connected On The Road
Evren E. - 29 Jun 2026
Browse: