Home Page »  F »  Fokofpolisiekar
   

Parkiebank, Herfs 2017 Lyrics


Fokofpolisiekar Parkiebank, Herfs 2017

Jy mag jouself dalk vind
In die middel van die dag
Op 'n parkiebank sit
En dan dink jy:
"Hoe bekostig hierdie mense hierdie Europese karre
En palasale Toskaanse tronke"
Jy mag dalk dink, in 'n arm land is rykdom 'n skande
Maar iemand is altyd ryker as almal anders

Jy mag dalk dink: "Wat doen ek
Dat ek in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit?"
En dan raak ek bly
Want wat is daar om te doen?
Wie probeer ek beïndruk?
En dan dink jy by jouself:
"Ek gaan nie my hele lewe lank werk
Om eendag niks te kan doen nie"
Ek gaan sommer nou begin

Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nê?
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons sin nie
Huis is waar jou mense is
My mense het nie tuisland nie
Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie
Wat maak ons nog hier?
Miskien dink jy by jouself:
"Ek is 'n produk. Ek is 'n bemarkingsveldtog. Ek is 'n kommoditeit
Dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie"
Die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit
Want die honger mense bly nie lank honger nie
Die malles het beheer van die malhuis geneem
En kom al hoe nader aan die kluis
In die donker is die blinde een koning
Maghonger koning maak, maghonger volgelinge
En die koning bly nie lank op sy troon nie

Ek lê op die gras en luister Lukas Maree
Ek vermoed die hart werk soos die weduweë se kruik:
Haar hart is seer, want haar man is dood
En ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is

Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè?
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons sin nie
Huis is waar jou mense is
My mense het nie tuisland nie
Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie
Wat maak ons nog hier?

Wat maak ons nog hier?
Wat maak ons nog hier?
Wat maak ons nog hier?
Wat maak ons nog hier?
Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nê?
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons s'n nie
Huis is waar jou mense is
My mense het nie tuisland nie
Ons doen nooit wat ons se ons gaan nie
Wat maak ons nog hier?


post malone to perform at 2026 fifa world cup closing ceremony
Post Malone To Perform At 2026 Fifa World Cup Closing Ceremony
Faith Thompson - 14 Jul 2026
music, tours, and motherhood: how rihanna stays connected on the road
Music, Tours, And Motherhood: How Rihanna Stays Connected On The Road
Evren E. - 29 Jun 2026
tom holland marries zendaya in a private wedding ceremony
Tom Holland Marries Zendaya In A Private Wedding Ceremony
Sasha Mednikova - 16 Jun 2026
the new hitmakers: how social media is rewriting the rules of music discovery
The New Hitmakers: How Social Media Is Rewriting The Rules Of Music Discovery
Chris Page - 05 Jun 2026
katy perry brings massive free concert to mexico fenapo festival
Katy Perry Brings Massive Free Concert To Mexico Fenapo Festival
Faith Thompson - 27 May 2026
Browse: