Home Page »  F »  Fokofpolisiekar
   

Parkiebank, Herfs 2017 Lyrics


Fokofpolisiekar Parkiebank, Herfs 2017

Jy mag jouself dalk vind
In die middel van die dag
Op 'n parkiebank sit
En dan dink jy:
"Hoe bekostig hierdie mense hierdie Europese karre
En palasale Toskaanse tronke"
Jy mag dalk dink, in 'n arm land is rykdom 'n skande
Maar iemand is altyd ryker as almal anders

Jy mag dalk dink: "Wat doen ek
Dat ek in die middel van die dag op 'n parkiebank kan sit?"
En dan raak ek bly
Want wat is daar om te doen?
Wie probeer ek beïndruk?
En dan dink jy by jouself:
"Ek gaan nie my hele lewe lank werk
Om eendag niks te kan doen nie"
Ek gaan sommer nou begin

Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nê?
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons sin nie
Huis is waar jou mense is
My mense het nie tuisland nie
Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie
Wat maak ons nog hier?
Miskien dink jy by jouself:
"Ek is 'n produk. Ek is 'n bemarkingsveldtog. Ek is 'n kommoditeit
Dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie"
Die middelklas is 'n buffer en ons moet hier uit
Want die honger mense bly nie lank honger nie
Die malles het beheer van die malhuis geneem
En kom al hoe nader aan die kluis
In die donker is die blinde een koning
Maghonger koning maak, maghonger volgelinge
En die koning bly nie lank op sy troon nie

Ek lê op die gras en luister Lukas Maree
Ek vermoed die hart werk soos die weduweë se kruik:
Haar hart is seer, want haar man is dood
En ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is

Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè?
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons sin nie
Huis is waar jou mense is
My mense het nie tuisland nie
Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie
Wat maak ons nog hier?

Wat maak ons nog hier?
Wat maak ons nog hier?
Wat maak ons nog hier?
Wat maak ons nog hier?
Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nê?
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons s'n nie
Huis is waar jou mense is
My mense het nie tuisland nie
Ons doen nooit wat ons se ons gaan nie
Wat maak ons nog hier?


decoding the blockchain beat: how crypto composes a new music era
Decoding The Blockchain Beat: How Crypto Composes A New Music Era
Evren E. - 17 Oct 2025
katy perry teases justin trudeau romance rumors at london concert
Katy Perry Teases Justin Trudeau Romance Rumors At London Concert
Sasha Mednikova - 14 Oct 2025
white house clashes with zach bryan over ice lyrics
White House Clashes With Zach Bryan Over Ice Lyrics
Chris Page - 07 Oct 2025
keith urban and nicole kidman call it quits after 19 years
Keith Urban And Nicole Kidman Call It Quits After 19 Years
Faith Thompson - 29 Sep 2025
jon bon jovi’s grandpa glow: rock star dives into family life with millie and jake
Jon Bon Jovi’s Grandpa Glow: Rock Star Dives Into Family Life With Millie And Jake
Evren E. - 23 Sep 2025
Browse: