Home Page »  F »  Fokofpolisiekar
   

Flvj Lyrics


Fokofpolisiekar Flvj




5 vingers vir die vuis waarmee jy my wil slat
4 uur is te laat om in die strate te stap
3de keer is gelukkig, die trane spat, die
2 van ons my skat, ons vat
1 vir die pad

Jy's die volume op my radio
Sout in my wonde
So hoog as moontlik
So seer
Jy maak my gesonder
Dinamiet kom in klein boksies
Dis antisepties, maar liefde is toksies
En dit maak my siek om te sê...

Ek's fokn lief vir jou
So fokn lief vir jou
Wa-haa-haha
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokn lief vir jou

Ek weet daar's moeilikheid daar buite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos 'n vitamiene
Geen dissipline

Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou:
"So fokn lief vir jou"

Daar's 'n kroeg tussen die Sanlam hoofgebou
En die Strandstraat se Spar:
Oulike dame
Wat agter die toonbank staan
Week se salaris in die bank
Geen planne gehad
"Vat jul kaarte?", vra ek
"Nee, ons gee hulle terug"
"Nou, hoe gaan ek betaal
En hoe laat maak jy klaar?"

Sy sê sy werk nie
"Nou, wat maak jy agter die bar?"
"Ek wag vir jou...", sê sy
"En jy mors nou my tyd:
Daar's is reëls om te breek
En foute om te maak
Kom ons maak onsself los en gaan sit vas in mekaar"

Ek's fokn lief vir jou
So fokn lief vir jou
Wa-haa-haha
Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Al die kak wat ons al deur is
Fokn lief vir jou

Ek weet daar's moeilikheid daar buite
En ek dink ons sal dit maklik kan vind
As jy my aanbid
En ek jou vat soos 'n vitamiene
Geen dissipline

Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou

En ek maak musiek om te sê:
"Ek's fokn lief vir jou
So fokn lief vir jou"

Ek weet ek sê dit te min
Maar ek sê dit nou
Wa-haa-haha
Wa-haa-haha



benny blancos mother faces terrifying home invasion in studio city
Benny Blanco's Mother Faces Terrifying Home Invasion In Studio City
Faith Thompson - 26 Nov 2025
ariana grande hints at pausing tours after 2026 eternal sunshine shows
Ariana Grande Hints At Pausing Tours After 2026 Eternal Sunshine Shows
Sasha Mednikova - 18 Nov 2025
tate mcrae unveils deluxe edition of hit album
Tate Mcrae Unveils Deluxe Edition Of Hit Album
Evren E. - 10 Nov 2025
smell like your favorite singer: fragrances inspired by music icons
Smell Like Your Favorite Singer: Fragrances Inspired By Music Icons
Chris Page - 03 Nov 2025
inside the mansions of america’s richest singers
Inside The Mansions Of America’s Richest Singers
Sasha Mednikova - 28 Oct 2025
Browse: