Home Page »  F »  Fokofpolisiekar
   

Heiden Heiland Lyrics


Fokofpolisiekar Heiden Heiland

Heiden Heiland
Heiden Heiland
'n klapsoen het my onkant gevang
My lewer mis ons tye saam
'n neofiet van neongeaard
Verdierlik losbandig
Nadoodse ondersoek
Sou bepaal
Vals hoop
Vals tande
Vals hart

Vermy vir my
Vermy vir my

In 'n monochroom diskoteek
Het ek my een voet in die graf gesteek
Die troukoors is so dik dis tasbaar
Dit laat my nekhare rys

Jy wil nie
Nie nou nie
Ek wil jou ys breek
Maar jou water wil nie stol nie
"jy was 'n kind
En al die helder wete
Van bloed en maagdelikheid
Was eenmaal in jou oe" *

Onbevlek en half bewusteloos
Vergewe my
My doodgeid
Maar al die ouens lyk half skeef hier
Ek wil nie op die dansbaan broeknaai nie

My lotus my roos
My vingers sny
Deur jou dorings
Ek wil jou seermaak
En ek wil seerkry

Vermy vir my
Vermy vir my

'n meteoriese reis
Na die noorderlig
'n valskerm vir ingeval ons spring
Dis ver en ons tuig is aanmekaar geslaan
Lukraak
Aanmekaar geslaan
Ek wil nie
Uitbrand nie
Jy't op my gemors
En nie jammer gese nie

En ek was 'n kind
En al die helder wete
Van bloed en maagdelikheid
Bly eenmaal in my oe

Ek soek myself
Het jy hom dalk gesien?
Hy's 'n paar jaar jonger
En sy hare is korter
Hy dink nie dat daar iemand is
Wat hom agtervolg nie

Jy ken my nie vir lank nie
Daar is nog niks
Wat jy verkeerd kon doen nie
En jy was 'n kind en al die helder wete
Van bloed en maagdelikheid bly
Altyd in jou oe

* NP van Wyk Louw


from the recording booth to the kitchen: when musicians become culinary obsessives
From The Recording Booth To The Kitchen: When Musicians Become Culinary Obsessives
Evren E. - 05 May 2026
the ultimate fashion playlist: unpacking the devil wears prada 2 soundtrack
The Ultimate Fashion Playlist: Unpacking The Devil Wears Prada 2 Soundtrack
Chris Page - 29 Apr 2026
behind the charts: how labels track global music trends before they go viral
Behind The Charts: How Labels Track Global Music Trends Before They Go Viral
Faith Thompson - 26 Apr 2026
the ghost in the jukebox: can ai actually write a song that makes you cry?
The Ghost In The Jukebox: Can Ai Actually Write A Song That Makes You Cry?
Sasha Mednikova - 24 Apr 2026
pop icons behind the firewall: the quiet fight for global music freedom
Pop Icons Behind The Firewall: The Quiet Fight For Global Music Freedom
Evren E. - 16 Apr 2026
Browse: