Home Page »  R »  Riana Nel
   

Tweede Kans Lyrics


Riana Nel Tweede Kans

Daar was 'n tyd in hierdie lewe
Wat ek vrede wou maak
Met die hartseer en alleenheid
Wat so hard met my praat
Nou sit ek op die vlaktes
Van die ou Transvaal
En elk van my gedagtes
Voel asof hulle verdwaal

Na 'n moontlikheid van môre
En 'n hart wat lief kan hê
Sonder twyfel dat daar tog 'n rede was

Want ek weet dat ek weet
Hoe jy my soen vanaand
En jou oë styf toe maak
Jy sal my nooit verlaat
En ek klou aan jou vas
Vir lewe en dood
Want ek weet dat ek weet
Tweede kans gekry

Daar is spyt in hierdie lewe
Wat jou moedeloos maak
Maar die waarheid wat verenig
Is genoeg om heel te maak
Nou staan ons op 'n bladsy
Van 'n ou verhaal
En elk van hierdie woorde
Sal ons rigting nou bepaal
Na 'n moontlikheid van môre
En 'n hart wat lief kan hê
Sonder twyfel dat daar tog 'n rede was

Want ek weet dat ek weet
Hoe jy my soen vanaand
En jou oë styf toe maak
Jy sal my nooit verlaat
En ek klou aan jou vas
Vir lewe en dood
Want ek weet dat ek weet
Tweede kans gekry

Net hoe my moed my begewe
Elke tree wat ons gee is
Gerig na mekaar
Ek was so flou van wanhopigheid
Toe jy my belowe
Om my hart te bewaar
Most Read Riana Nel Lyrics
» Dans
» Weier


from streaming to the stage: how music discovery is changing concert culture
From Streaming To The Stage: How Music Discovery Is Changing Concert Culture
Sasha Mednikova - 28 Aug 2026
behind the curtains: the logistical nightmare of stadium tours
Behind The Curtains: The Logistical Nightmare Of Stadium Tours
Chris Page - 17 Aug 2026
post malone to perform at 2026 fifa world cup closing ceremony
Post Malone To Perform At 2026 Fifa World Cup Closing Ceremony
Faith Thompson - 14 Jul 2026
music, tours, and motherhood: how rihanna stays connected on the road
Music, Tours, And Motherhood: How Rihanna Stays Connected On The Road
Evren E. - 29 Jun 2026
tom holland marries zendaya in a private wedding ceremony
Tom Holland Marries Zendaya In A Private Wedding Ceremony
Sasha Mednikova - 16 Jun 2026
Browse: