Home Page »  N »  Nianell
   

Wys My Jou Hart Lyrics


Nianell Wys My Jou Hart


Wys my jou hart

Vertel my hoe jy voel
Vertel my wat jy dink
Ek wil jou beter ken
Ek wil jou graag verstaan
Kan ons die oomblik deel
Of vra ek nou te veel?
Wys my jou hart

Vertel my wat jou pla, miskien kan ek help dra
Ek wil jou hartseer ken, ek wil jou pyn verstaan
Sou jy my in kan laat, dalk eendag met my praat
Wys my jou hart

Want as jy wegdraai staan ek leeg
Voel ons liefde tevergeefs
As jy wegdraai skree my siel
Wat ons het word nou verniel
Wys my jou hart, wys my jou hart

Wel ek sien dit in jou oë, ek hoor dit aan jou stem
Daar's 'n huiwer in jou stap, 'n hartseer in jou lag
Jy kan dit nie versteek, ek weet daar's iets verkeerd
Wys my jou hart
Ek deel my hart met jou, jy kan my ook vertrou
Ek weet jy't seer gekry, dit bly mos hier by my
Jy behoort te weet teen nou, ek bly getrou aan jou
Wys my jou hart

Want as jy wegdraai staan ek leeg
Voel ons liefde tevergeefs
As jy wegdraai skree my siel
Wat ons het word nou verniel
Want as jy wegdraai staan ek leeg
Voel ons liefde tevergeefs
As jy wegdraai skree my siel
Wat ons het word nou verniel

Wys my jou hart, wys my jou hart
Wys my jou hart, wys my jou hart

Vertel my hoe jy voel
Vertel my wat jy dink
Ek wil jou beter ken
Ek wil jou graag verstaan

Sal jy my in kan laat, dalk eendag met my praat



post malone to perform at 2026 fifa world cup closing ceremony
Post Malone To Perform At 2026 Fifa World Cup Closing Ceremony
Faith Thompson - 14 Jul 2026
music, tours, and motherhood: how rihanna stays connected on the road
Music, Tours, And Motherhood: How Rihanna Stays Connected On The Road
Evren E. - 29 Jun 2026
tom holland marries zendaya in a private wedding ceremony
Tom Holland Marries Zendaya In A Private Wedding Ceremony
Sasha Mednikova - 16 Jun 2026
the new hitmakers: how social media is rewriting the rules of music discovery
The New Hitmakers: How Social Media Is Rewriting The Rules Of Music Discovery
Chris Page - 05 Jun 2026
katy perry brings massive free concert to mexico fenapo festival
Katy Perry Brings Massive Free Concert To Mexico Fenapo Festival
Faith Thompson - 27 May 2026
Browse: