Home Page »  A »  Arno Carstens
   

Vloerplanke Lyrics


Arno Carstens Vloerplanke


Onder die grond tussen die vloerplanke
In die skadu op 'n nou hout bank
Sit hy doodstil met 'n pruik
Dik grimering
Met sy vrou se lyk

Hy sit en tuur in die donker duister
Wel wetend dat daar buite is 'n wêreld
Wat wink
En dit klop

Bly te kenne ons is niemand nuuts
So gebore en so laat staan
Tussen die krake van niks vergaan
Lyk my die wêreld het ons verby gegaan

Bly te kenne ons is niemand nuuts
So gebore en so laat staan
Siggaret in die hand wat nooit uitbrand
Dieselfde grappe wat ons oor, en oor, en oor vertel

Dis altyd 'n klipgooi van jou ouerhuis
Af in die stofpad in die nag is jy tuis

Onder die grond tussen die vloerplanke
In die skadu 'n geheime paradys

Altyd voorsienings wat kom en gaan
Die stede skitter maar die wêreld vergaan
So hou hy styf vas aan ou gebeure
Aan reukkesteme
Soos sy hande bewe

Bly te kenne ons is niemand nuuts
Ons so gebore en so laat staan
Tussen die krake van niks vergaan
Lyk my die wêreld vlieg ons verby

Bly te kenne ons is niemand nuuts
Ons gebore en so laat staan
Siggaret in die hand wat nooit uitbrand
Dieselfde grappe wat ons oor, en oor, en oor vertel

Onder die grond tussen die vloerplanke
In die skadu op 'n ou hout bank
Sit hy doodstil met'n pruik
Dik grimering
Met sy vrou se lyk

Oom laat die traantjies maar rol



from streaming to the stage: how music discovery is changing concert culture
From Streaming To The Stage: How Music Discovery Is Changing Concert Culture
Sasha Mednikova - 28 Aug 2026
behind the curtains: the logistical nightmare of stadium tours
Behind The Curtains: The Logistical Nightmare Of Stadium Tours
Chris Page - 17 Aug 2026
post malone to perform at 2026 fifa world cup closing ceremony
Post Malone To Perform At 2026 Fifa World Cup Closing Ceremony
Faith Thompson - 14 Jul 2026
music, tours, and motherhood: how rihanna stays connected on the road
Music, Tours, And Motherhood: How Rihanna Stays Connected On The Road
Evren E. - 29 Jun 2026
tom holland marries zendaya in a private wedding ceremony
Tom Holland Marries Zendaya In A Private Wedding Ceremony
Sasha Mednikova - 16 Jun 2026
Browse: