Home Page »  J »  Johannes Kerkorrel
   

Sit Dit Af Lyrics


Johannes Kerkorrel Sit Dit Af

Die ander dag toe voel ek lam
Ek wou 'n klein bietjie ontspan
En 'n boer maak 'n plan
Ek sit my tv-set toe aan
Jy sal nie glo wat ek sien
Daar op my tv screen

Dit was 'n nare gesig
Dit het my heeltemal ontwrig
Dit was 'n moerse klug
Dit was P.W. se gesig
En langs hom staan ou oom Pik, ja
Ooo, ek dog ek gaan verstik

Koor:
Sit dit af, sit dit af (sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (sit dit af, sit dit af)
Sit dit af, sit dit af (sit dit af, sit dit af)
Want dis 'n helse straf

Ek stap kombuis toe kry 'n bier
En skakel oor na TV4
O my $%&@ wat het ons hier
Wat my tv screen ontsier
Is daar nerens om te vlug
Van daai man se mooi gesig

Met sy vinger in die lug
Gaan hy my lewe net ontstig
En die programme in die lug
Sien jy net P.W. se gesig
Ek vat jou nou 'n wed
Al die bure het M-net!

Koor: X2

Woorde & musiek - Johannes Kerkorrel
Most Read Johannes Kerkorrel Lyrics
» Somer
» Bmw


Browse: