Home Page »  B »  Buckfever Underground
   

Die Bure Lyrics


Buckfever Underground Die Bure


die bure skop hulle diere en slaan hulle kinders in die
niere, drink baie bier en gooi die bottels stukkend in
die driveway. hulle sny nie die gras nie, gooi nie die
rubbish in swart sakke nie, steek gedurig goed aan die
brand, is besig om 'n wagtoring op te rig, angle-grind
tot 3-uur die oggend, skiet ou TV's met rewolwers, rand
bedelaars aan, verdryf kollekteerders en predikante met
donshael, sambokslae en megafone. soms bel ons die
polisie, maar die polisie is besig en het nie tyd vir
nietighede nie. hoe kou jy die dag in sulke diep blou,
hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou? maak
lugwaardinne met grondboontjies in hulle neusgate jou
wakker, skud hulle bakpoeier oor jou gesig, klop
liggies 'n eier daardeur? of is dit die gehoes van re
'n en die getik-tik van stringe wind teen die vlagpale
van die kwikspar? is daar kieme op deurknoppe,
hempsknope, polisieknuppels en melkdruppels? hoe grou
haar toonaels in jou rug se moue? wie's die vrouens wat
gedurig sooie kom l, growwe, groen, nat sooie, wat nog
na kontant en vloedwater ruik? wie's die waterfiskaal
by die beervleidam, wie se lammers l dood langs die
pad, wie plaas die bloukraanvo ls hier, soos grys
gekerfde brode tussen die swart en die koring? wie grom
vir wie tussen tandepaste en petroleumjellie? ken jy
jou petroljoggie se naam? met watter vinger teken jy in
die stof, skiet julle grof, vat julle fyn? ken julle
tant mossie se acid house remix? click julle tonge, nat
punte, gesplete klinkers, voorste verhemeltes en
hemelse handlangers, saam, tegelykertyd, eensklaps,
spoedig? buig julle saam om die herd, rol julle
dieselfde drom om, deel julle 'n paar boude? wat's
louterwater? wie besluit hoe later hoe kwater? is 'n
kapater elke dag kwater en kwater, synde hy sonder 'n
knater? brul dinge op die braai, roer iemand die slaai,
swaai kinders op die skoppelmaai? hoe kou jy die dag in
sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou?
voet op die wa, los hand om die greentrees koffie,
sigaret wat rol onder die oogtand, staan ons held
vannaand in september en praat oor sy vrou, en sy eks-
vrou en hoe sy nie die inslepery kon hanteer nie. sy
pak haar tasse, hy skud sy kop. die nuwe vrou is beter,
sy't reg gekies. dan's daar sy broer en sy pa, dood op
pad na 'n ongeluk, hy't uitgery nylstroom toe vir die
lyksuitkenning. wanneer sy o in die rigting van die
caltex sign draai, kan jy jou jou verbeel jy sien sy
harde ken by die ruit uitsteek, een hand op die wiel,
die ander wat slap hang in die wind, blou o wat wil
huil maar nie kan nie, want die verkeer is swaar, en
die pad by die carousel verby is vol busse en trokke.
eers by die zambesi-laan afrit kom sy kop skoon, en hy
dink aan werk en die ekonomie en vriende en die vrou.
dan, jare later, staan hy hier by greentrees en deel
raad uit oor karre en deals aan 'n dwerg en 'n yuppie,
die gesprek soos 'n toolbox wat van 'n bakkie afval.
soek hom maar gerus op, jy sal hom ken aan sy oorpak en
sy glimlag, en sy wiele wat ruik na rubber en re 'n, en
sy stem, vol missed calls, middernag-padstories en die
lig wat uit die dag gesuig word. hy's so anders as ons
bure, wat hul diere skop en hulle kinders in die niere
slaan, skote na die maan afvuur, nooit die gras sny
nie, en die pos laat ophoop. hoe kou jy die dag in
sulke diep blou, hoe lyk dinge vanuit jou vierdeur-kou?
swaai iemand op die skoppelmaai? roer iemand die slaai?
brul dinge op die braai? skiet julle grof, vat julle
fyn?



Browse: